Toe ek indraai op die N2 ….

He gives us the words to speak when we are called to stand and voice our faith!” – Francine Rivers

Op 26 Desember 2013 was ons van Kaapstad oppad na ons vakansiehuis in Knysna. Ek skryf toe hierdie stukkie op my Facebookblad:

As ’n mens vir ure alleen in die motor sit en bestuur van Kaapstad na Knysna het jy baie tyd om te dink. Pieter, my man, ry voor met ons VW Kamper wat net 90km/h haal, dus ry ek maar al die pad geduldig agter hom. Van Knysna af gaan ons Pretoria toe dan bly die kamper agter op die plaas. Iewers in Swellendam se hoofstraat op ’n parkeerterrein parkeer ons en slaap net daar.

Kwart voor vyf val ons weer in die pad en ek stop op Heidelberg vir ’n koppie boeretroos. Net buite die dorp staan ’n vrou – sy het ’n sekuriteitsmaatskappy se uniform aan, R10 noot in die hand. Die Here sê ‘Stop en laai haar op!’ Dis kwart voor ses in die oggend. Waarheen is sy so vroeg-oggend op pad?

Haar naam Sy kom van Wesbank, daar naby Kuilsrivier. Haar man is vier jaar gelede oorlede. Sy het nie kans gesien om haar kinders alleen daar in die Kaap groot te maak nie en kom toe maar Heidelberg toe, na haar skoonfamilie toe.

Haar naam is Colette Pretorius. Sy is ’n enkel mamma van twee kinders. Sy werk as sekuriteitsbeampte by Riversdal Hospitaal. Elke oggend staan sy langs die groot pad en hoop vir ’n geleentheid. 

“Ek gaan Riversdal toe, Mevrou.” Sy klim in, bied dadelik die R10 noot aan. “Nee, ek wil dit nie hê nie, ek het dit nie nodig nie,” sê ek. Sy vertel my van ’n ander sekuriteitsmaatskappy wie se trokkie somtyds verby haar ry, dan laai hulle haar op. 

“Mevrou weet, hul ry met die werk se voertuig, maar hul vat my geld. Dan wens ek ek kan vir hul sê jul vat my kinders se kosgeld weg, maar dan gooi hul my seker uit die trok uit.” My antwoord aan haar is vergeef hul maar, hul weet nie wat hul doen nie. Sy kyk my so aan en sê: “Mevrou praat diep.” “Ja,” sê ek, “hul ken nie die Here nie, daarom weet hul nie van gee nie.”

Die gesels gaan draai tot by haar seuntjie van agt jaar oud. Hy was net vier jaar oud toe sy pa dood is. Hy het hierdie jaar so gehoop dat daar geld sal wees vir ’n Krismisboom, maar toe is daar net liggies. Elke keer as sy sussie die liggies aansit, sit hy dit weer af en sê: “Dis boomliggies dié, nie tafelliggies nie. Ek háát Krismis.” Sy ma neem hom eenkant en sê vir hom dat hy moet onthou hy is nie die enigste een wat verlang nie. 

Hierdie week het sy vyf mense sien ‘gaan’ by die hospitaal. Die een was ’n dogtertjie van vyf jaar oud. Haar mamma se enigste ooilam. Hulle was besig om reg te maak vir Kersfees. Die opgewondenheid was groot. Met die speel van ’n ballon het ’n stukkie daarvan in haar slukderm beland en het sy versmoor. Mamma en die buurman het van Albertinia af Riversdal toe gejaag, maar dit was te laat. Colette kon haar maar net vashou. Woorde sou nie help nie.

Colette sê dat sy die aand vir haar kind gesê het dat hulle nog so baie het om voor dankbaar te wees. “Mammie het vandag in die hospitaal nog so verby die een ou oom gestap en gesien hy slaap. Toe ek die suurstof apparaat wil afskakel, sien ek hy lyk so snaaks – hy was klaar dood.” 

“Maar weet Mevrou, die salaris is min, maar dis baie beter hier as in Wesbank waar hul so skiet. Die Here voorsien op wyse wat ek somtyds glad nie verwag. Ek het nie geweet waar die kossies vir Kersdag vandaan sal kom nie. Die Allpay kom eers die tweede en my geldjies was op. Oukersaand klop iemand aan die deur – die kerk lewer vir my ’n kospakkie af. Sy genade is so groot.”

Teen daardie tyd is ek al in Riversdal en vat die afdraai na die hospitaal toe. Stop voor die ontvangs, daar waar sy elke dag die mense help wat inkom. 

“Colette, jy is hier geplaas met ’n doel. Die Vader het jou hier nodig.”

Toe ek by die hek uit ry staan sy nog steeds vir my en kyk met ’n groot glimlag op haar gesig. Dit lyk of die lig vir haar deurgebreek het.

Ek vat die afrit by Mosselbaai na George en sien blou ligte flikker. ’n Toegegooide liggaam met donker voete wat uitsteek. Wat was jou storie? Dis te laat, jy sal dit nooit weer kan vertel nie. Het jy vir Jesus leer ken in jou wandel hier op aarde?


En dit is hoe my boek, Reis na oorwinning die lewenslig gesien het. Ek wou die boek góú klaar skryf, maar verskeie dinge het in my pad gekom wat veroorsaak het dat ek dit nie voor einde 2014 voltooi het nie.

Ek het, my boek gepubliseer is, letterlik vir Colette gaan soek op Heidelberg. Die oggend, toe ek by die afdraai na die woonbuurt afdraai het ek glad nie geweet waar om haar te gaan soek nie. Ek sien twee vroue aan gestap kom, hul kyk na my, duidelik geinteresseerd in die wit vrou met die Amarok. Ek ry nader en stop. “More” groet ek: “Ken julle dalk vir Colette Pretorius. Sy was voorheen by RIversdal Hospitaal werksaam.” Hul kyk vir mekaar.

‘Ja, Mevrou, sy werk nou by die hof, ek weet waar sy bly. Ek kan saamry en vir mevrou gaan wys.’, sê sy. Vyf minute later stop ons voor ‘n sinkhuis. My rygenoot klop aan die deur en roep: ‘Colette, hier is iemand wat jou wil sien.’

Die deur gaan oop en sy kom uit – sy erken my dadelik en verheug gee sy my ‘n drukkie. Ek vertel haar van die boek wat ek geskryf het en oorhandig ‘n kopie aan haar.

Toe ek uitry uit die erf uit, waai sy agter my aan. Een maal in my lewe kon ek ‘n verskil in iemand se lewe maak.

Vriende, gryp die dag aan. Moenie die kans laat verbygaan om goed aan ‘n ander te doen, terwyl jy nog die geleentheid het nie.

Die pad na Wupperthal is nie bedoel vir sissies nie

Die laaste paar weke gons die koerante en sosiale media oor die hartseer van die sendingdorpie, Wupperthal wat so te sê vernietig is deur ‘n brand. Steeds is dit ‘n raaisel wat presies die brand veroorsaak het. Sommige wil voorgee dat ‘n klompie jong manne zol gerook het en hul stompies die plek aan die brand gesteek het, ander reken dit is iemand wat bye uit ‘n heuningnes uitgerook het. Feit is, die huise is onherstelbaar beskadig en daar is reeds begin om dit met ‘n stootskraper gelyk te stoot.

Van oral af stroom hulp in en só word Wupperthal skielik groot nuus. Tydens die Knysna brande het my nie-winsgewinde organisasie, Women on the Move 4 Christ Ministries uitgereik na die gemeenskap, verál uit dankbaarheid dat ons eie huis op die plaas op Knysna gespaar was. Twee maal het ek die 500km Knysna toe aangedurf met ons bussie en sleepwa om goed te gaan aflewer. Geen wonder dus, dat my brein ommiddellik oorgeskakel het in reddingsaksie en ek dadelik ‘n beroep op my Facebook vriende gedoen het om bydraes te skenk vir Wupperthal nie.

Die reaksie is oorweldigend. My man leen sy Isuzu bakkie en ons laai hom dakhoogte. Ek besef baie gou dat die bakkie te klein is vir al die klere, kos en huisware wat ingesamel is. Vrydagoggend kom ‘n genade oor my pad, toe my broer voor die kantoor stop, met die Venter waentjie, wat hy vir die vakansie geleen het. Nie voor lank nie of die Venter is ook sjok en blok vol.

Wat my man my egter nie vertel het nie, is dat dié pad Wupperthal toe, oor berge en dale strek. Die pad vanaf Kaapstad tot op Clanwilliam gly soos ‘n droom verby. Ons (my vriendin Muriel Mapling en ek) stop vinnig op die dorp om ‘n eet dingetjie te kry en durf die pad verder aan. Ons ry deur die Pakhuispas vir ongeveeer 21 km, waarna ons afdraai na die Biedouw Vallei. Net na ek afgedraai het, kom ek vier bakkies met sleepwaens teë wat teen ‘n slakkepas van ongeveer 40km per uur op die grondpad aansuiker. Ek, voorbarig steek die voertuie verby. ‘n Paar kilometer verder, kom die bakkie om ‘n lang U-draai en skielik besef ek, hier kom ‘n ding. Die pad wat nóú hier voor my lê is nie vir sissies bedoel nie.

Agterna het ek vir Pieter gevra: “Hoekom het jy my nie gewaarsku teen die steil grondpad teen die berg af nie?” Sy woorde was: “Maar ek weet mos jy kán ry!!!” Nou ja, dank die Vader, ek het dit gemaak. Met die terugkom, was die bakkie en die sleepwa leeg en op ‘n draai het die bakkie begin gly. Ek kon maar net uitroep: “Here, help!”, wyk Satan!!

Wupperthal lê in ‘n vallei, weggesteek tussen bome. ‘n Rustige omgewing met kabbelende waterstrome, donkies, skape en bokke wat in kampies wei. Deur die dorpie loop ‘n rivier en ‘n waterpoel gee lafenis aan die dorp se kinders en besoekers. Die kwik draai by 34grade Celsius.

Behalwe vir die miernes van bedrywighede by die laerskool sou ek nooit kon sê dat hier onlangs ‘n tragedie afgespeel het nie. Ek word vinnig na die depot toe verwys, waar omtrent vyf voertuie met sleepwaens reeds tou om voorraad af te laai. Ons val in die ry in en stap na die gebou om onsself aan te meld.

Ten spyte van die afgematheid, van lang ure in die warm son se arbeid, wat op die vrywilligers se gesigte wys, is daar ‘n dankbaarheid wat in die lug hang. Die predikant van die Morawiese Kerk kom maak kennis en vertel ons van die uitdagings wat hulle in die gesig staar, ‘n vrywilliger bied vir ons ‘n glas koeldrank aan. ‘Nee’, sê ons “Gaan aan. Ons sal regkom.” Buite, onder die skadus van toekerjare se akkerbome, wag ons ons beurt af om gehelp te word.

Dit is in hierdie tyd wat Kevin Swanepoel, uit die bloute op my afstap. Hy val sommer weg. “My oupa was ‘n Duitser (Ockhuis). Een dag, toe ek nog ‘n tjokkertjie was, sê hy vir my: ‘maak altwee jou hande toe en bal dit soos vuiste.’ Hy bied my ‘n lekker aan, maar ek kan dit nie neem nie, want my hande is toe en hy sê: ‘ dit is soos ‘n mens wat toe hand is, omdat sy hande toe is vir gee, kan hy ook nie ontvang nie.’ Dankie vir wat julle vandag hier vir ons kom doen. Ek kan sien julle is gewers, daarom sal julle ook ontvang. Mag die Vader julle in oormaat seën vir vandag se saad wat julle gesaai het.”

Ek gaap hom in verwondering aan – ek moet die volgende oggend by ‘n gemeente in Elsiesrivier bedien. My boodskap gaan oor ‘saai en maai’. As jy nie kan saai nie, sal daar ook nie vir jou ‘n oes wees nie. Ek dank die Vader weer daar vir al die goeie gewers wat gesaai het, vir my man wat sy bakkie vol diesel gemaak het en vir my gegee het. (Toe ons terugkom by die huis was die tenk leeg.) Terwyl Kevin met Muriel gesels, ontdek hulle dat hulle kleinniggie en -neef is. Ockhuis familie, met ‘n gedeelde oupagrootjie!!

Sy hoor dat daar van haar familie daar naby op Heuningvlei woon en ons pak die pad aan na waar haar oorlede pa gebore is. Heuningvlei is ‘n plaas gemeenskap, met omtrent 10 huise, geen winkel of kerk nie. Ons ontdek dat daar nog so iets soos plaashekke bestaan en Muriel maak maak ‘n blye lag 40 jaar na sy die laaste maal daar was, weer die plaashek na haar verlede oop. ‘n Spesiale oomblik vir haar, ook ‘n hartseer oomblik, toe sy dink aan haar ouers wat nie meer lewe nie.

Ons stop vlugtig op Travellers Rest, so 34km van Clanwilliam vir ‘n welverdiende toebroodjie en ‘n verbode sjokolade melkskommel. Ek verkyk my aan al die mooi handwerk uit die Cederberg omgewing wat te koop is. My beursie is ‘n paar blou note kwyt toe ons daar wegry maar ek is baie tevrede met my inkopies.

Die pad terug Kaap toe is lank, maar ons maak dit kort met al die kosbare kleinnode wat ons hier kom versamel het.

‘n Vinnige stop op Piketberg om my dors te les met ‘n botteltjie lemoensap en daarna vort huis toe. Tien ure, uit en tuis, maar ‘n rit wat ons nie maklik sal vergeet nie.

Nou moet my pienk wêreldkaart “She’s going places”tog gou kom. Ek het nog ‘n baken om te merk op my kaart!!

Africa, oh Africa!

Wanneer jy in Entebbe land, is jy heel beindruk met die lughawe en kry die indruk dat hul bietjie in die VSA kers opgesteek het.  Die enigste ‘luggang’ na en van die lughawe gebou word beset deur ‘n vliegtuig van Qatar Air – onse SAA staan definitief nie in die tou om daar te parkeer nie.

Die doene saal is bietjie chaoties want ‘n hele vlug se passasiers moet in ‘n spasie, nie veel groter as jou sitkamer, ‘n gaatjie soek waar jy jou aankoms vorm moet invul.  Myns insiens moes dit al op die vliegtuig uitgedeel gewees het om die verdrukking te vermy.

Jy beweeg egter heel vinnig deur na waar jou bagasie vir jou wag.  Gedienstige werknemers help jou om jou bagasie op ‘n trollie te laai. Ek beweeg uit na die aankomssaal en gewaar nêrens my vriendin nie.  Daar is omtrent nie ‘n mens in die ontvangsarea nie.  Eers na omtrent 20 minute moes ek uitvind dat ek moet uit beweeg na buite waar ‘n groot groep mense onder gazebo’s sit en wag vir passasiers wat arriveer.  Niemand word binne in die gebou toegelaat nie.

Ons hotel is ‘n heel aangename verassing, in ag geneem wat ek al in Afrika gesien het, maar nogtans hopeloos te duur vir, na my mening, ‘n twee-ster hotel.  Met ‘n klein bietjie moeite sal hul maklik die hotel kan opskuif na drie sterre toe.  Na aanleiding van ons ondervinding later in die week besef ek dat die geesdrif daarvoor definitief ontbreek.

Die eerste vier dae bring ons meestal in die hotel deur, aangesien daar ‘n sending konferensie gehuisves word wat deur my vriende bygewoon word.  Ek gebruik dit as tyd om voor te berei vir die konferensie wat voor lê.  Een middag besluit ek om buite onder die lapa te gaan sit – ek is nou maal een maal lief daaroor om die natuur te geniet terwyl ek skryf en voorberei.  Ek gewaar skielik ‘n pandemodium wat losbars.  Die lapa se stoele word letterlik onder my en RIna uitgeruk en almal op ‘n vragmotor gelaai.  Ek dog eers dis dalk gehuurde stoele, wat daar geplaas was vir ‘n funksie aangesien daar ‘n markiestent buite staan waar die kos saans bediens word.  Toe begin hulle die hotel se eetkamer stoele uitdra.  Langs my begin iemand met ‘n saag die televisie se hegstuk afsaag en dra dit ook weg. Ek besef dat hier ‘n klomp  gewapende soldate of polisiemanne rond staan.  Dit is toe wat ek mos hond se gedagte te kry en vir Rina sê: “hoe lyk dit vir my dié goed word opgelaai vir skuld”. My woorde is nog skaars koud toe een van die manne in uniform ons nader.  “Are you scared?” ‘No, but what’s going on”, vra ek.  Ons hoor toe dat die hotel nie hul waterrekening betaal het nie en dat die meubels nou opgeskryf is vir skuld.

Heel verontwaardig stap ons na binne toe, want ons stoele is onder ons uitgeruk.  Die vrieskas kom letterlik om die draai gedraf, net ‘n klompie bruin bene steek onder dit uit, soos die manne onder dit kreun soos hul dra.  Die kombuis personeel kwetter soos spreeus en beduie in hul taal – ‘n Babelse verwarring.  Die ontvangspersoneel staan met kil gesigte en weet nie of hul moet groet of koes nie!!  ‘n Uur later toe ons die eetkamer binnestap, kon geen haan kraai dat die stoele verdwyn het nie.  Die konferensiesaal laer af in die gang se stoele het duidelik baie minder geword en weet wat:  die eetkamer lyk sommer baie mooier met die nuwe blou stoele.  Die volgende dag bler ‘n ietwat kleiner televisie al weer teen die eetkamer se muur en almal swyg soos die graf.

Vrydagoggend beweeg ons aan Kampala toe en hier begin my gesweet.  Ek dog eers dit is van die Matoka, wat ek in my onkunde so lekker aan gesmul het, min wetende dit is piesangs wat gebraai word in olie en plat gedruk word soos poetoepap.  Ek het diabetes en dit was taboe vir my, maar uit onkunde het ek te heerlik gesmul aan die lekker kos en neem toe aan dit is my suikervlak wat so hoog is, daarom dat ek so begin sweet.  Nee, dit is Kampala se verkeer!!

Kyk, ek het al op Reismal gespog daarmee dat ek nie bang is om self in New York te bestuur nie, maar Kampala sal my definitief nooit agter ‘n motor se stuur sien nie.  Motorfietse en minibus vervoer is koning in Kampala, motors is in die minderheid.

My gasheer, pastoor Innocent dring daarop aan dat ek voor sit, omdat dit meer gerieflik is met my ongemaklike been.  Hoe meer ek teeskop, hoe meer dring die ander passasiers aan.  Agterna het ek besef waarom hulle nooit altyd so koel en uitgerus daar uitgesien het.  Hulle het nie nodig gehad om voor in die gevegslinie as adjudant vir die motor bestuurder te wees nie.  Kom jy aan na ‘n verkeerssirkel, hou jy maar net aan ry, die motorfietse wat van die linker of regterkant af aankom, hou hul pas en gly hier aan jou linkerkant verby asof dit niks snaaks is nie.

Boonop word enige iets denkbaar op ‘n motorfiets vervoer en dit is niks snaaks om drie passasiers op ‘n motorfiets te sien nie.  Somtyds is daar nog ‘n mamma met ‘n baba ook by, wat die getal tot vier opstoot.  ‘n Soldaat, op pad huis toe na werk, sit gemaklik in die middel en hou sy geweer vas, terwyl nog ‘n passasier agter hom sit.  ‘n Man wat besig is om huis te bou, kry sommer gou ‘n taxi om hom huis toe te neem met bad en al.  Sommige port-to-port’s – hul naam vir die motorfiets taxis, het selfs ‘n sambreel op vir beskerming met ‘n verlengstuk aan, amper soos ‘n karavaan se  “add-a-room”.  Geen wonder ek het so gesweet nie.  Ek het sommer 1,5kg geweeg toe ek tuis kom!

Kampala bestaan uit heuwels en ek was uiters verrras om teen een van hierdie heuwels die mooiste huise te sien.  Dié spesifieke woonbuurt is bedoel vir uitlanders wat in Kampala werk en Kampala International School bedien die kinders van regoor die wêreld wat daar skool gaan.  In hierdie voorstad is ‘n groot winkelsentrum wat al ons moderne Suid-Afrikaanse winkels huisves, o.a. Woolworths, Game, Shoprite/Checkers en ander bekende name.  Duidelik die uithangplek van die rykes van Kampala.

Ons was uitgenooi na die huis van ‘n rekenmeester egpaar, afkomstig uit Zimbabwe.  Die maatskappy vir wie sy werk, het hulle verplaas Uganda toe en sy is die finansiële bestuurder van ‘n gevestigde NGO in Kamala.  Hy is ‘n lektor by ‘n privaat kollege.  Hier word dinge anders gedoen as in die gewone huishoudings in Kampala.  By ons aankoms het ‘n ‘butler’ (dienskneg is net nie vir my die regte woord nie) ons ingewag met sambrele, aangesien dit gereen het en ons vergesel na die huis in ‘n sekuriteitskompleks. Die dame het ‘n spysenier ingekry om ons te bedien met Westerse en Ugandese geregte.

Die Ugandese is baie vriendelike mense en het geweldig respek vir ons.  Ek het daar mediese dokters, prokureurs, advokate en rekenmeesters ontmoet, wat myns insiens beter gekwalifiseerd is ek, maar hulle is só beleefd en diensbaar teenoor ons en het ons behoorlik op die hande gedra.

My laaste dag in Kampala was vir my die hartseerste dag. Ons het ‘n kinderhuis gaan besoek.  Die hoof van die kinderhuis is ‘n lidmaat van pastoor Innocent se kerk.

Toe ons in die woonbuurt arriveer waar die tehuis is, het ek reeds waargeneem dat dit in ‘n baie swak deel van die stad geleë is.  Hier is geen teer strate nie, hoewel Kampala in die algemeen heel skoon is, was dit hier ‘n ander prentjie.  In die leivore lê water wat ‘n lagie ‘vuil’ oor het.

‘n Modderige paadjie lei jou tussen verskeie huisies deur, almal teen aanmekaar gebou, met geen oop ruimtes nie. Kyk jy in by die deure, sien jy meestal net matrasse en klere wat rondlê.

By die kinderhuis aangekom, kry ek die gevoel van skeepshouers wat teenaan mekaar neer gesit is.  Die vensters het geen glas in nie en lyk soos tronkvensters.  ‘n Vierkantige opening, met ystertralies voor, met hortjies aan die buitekant, wat seker saans toegemaak word.  Uit die donkerte van die vertrekke loer kinders deur die venster openinge vir ons.  Iemand roep hulle om uit te kom en almal stroom na buite.  Tusssen die geboue is ‘n ‘dak’ van stokke, waardeur die water loop wanneer dit reen.  Dit is hul bymekaar kom plek.  Hulle groet almal vriendelik en sing vir ons ‘n liedjie.  Alhoewel hulle vir ons vertel dat hulle baie lief is vir Jesus, sal ek hulle sekerlik nie kan verkwalik as hul eendag hul wegdraai van die Here af nie en ek kan net bid vir groot genade.

Lopende water, elektrisiteit en ablusiegeriewe is luukses.  Ek kan sien dat daar krag aansluitings is, maar die drade is afgesny.  My hart bloei vir hierdie kinders.  Hul klere is oud,  verniel, stukkend.

Ek kan sien dat die huismoeder baie moedeloos is.  Haar laste is baie swaar. Ons haal ons laaste Sjielings uit om te saai.

Toe die vliegtuig sy neus Suidwaarts draai, terug Suid-Afrika toe, is my laaste belofte aan myself om terug te kom en te kyk hoe ek ‘n verskil in hierdie kinders se lewens kan maak.

Ek moes hierdie blog al op die vliegtuig geskryf het, maar ek skryf eers my hoofstuk: “Op reis na ‘n nuwe lewe” vir Carpe Diem Uitgewers en sluit my hoofstuk af met:

‘Doen goed aan andere en beleef ‘n lewe van vervulling’.

Nerina

Uganda, Matoke en Buganda – hoe het ek dáár beland?

Wanneer jy op reis gaan, dink jy dat daar baie tyd sal wees om jou reis ervaringe neer te skryf.  Die dae vlieg egter so vinnig, veral as jy op ‘n spesifieke sending is en voor jy jou kom kry, is die tyd verby en jy vlieg huis toe.

Ses maande gelede staan ek in ‘n Hobby Lobby winkel in Houston, TX en sien ‘n pienk wêreldkaart raak – pienk, die kenmerklike kleur waarmee ‘n vrou geassosieer word.  Op die kaart staan geskryf: cropped-img_7558.jpg

en ek sien dit as profeties oor my eie lewe.  In 1997 was daar oor my geprofeteer dat ek in ‘n vroue bediening gaan beweeg en vroue regoor Suid-Afrika en in die buiteland bedien.

Nege jaar later het die profesie begin bewaarheid raak en ek het vrouekonferensies begin aanbied.  Weer bietjie terug in my geskiedenis!

Ek is getroud met ‘n man wat lief is vir die wandelpad. Só het hy my bekend gestel aan kamp, karavaan en motorboot sleep, waar jy nie kans het om te sê ‘ek het nog nooit nie’, ‘ek kan nie’, ‘ek wil nie’.  Daarom was lang pad ry glad nie vir my ‘n bedreiging nie en ek het dus met gemak self die lang pad aan gedurf Suid-Kaap en Oos-Kaap toe, tot teenaan die Namibiese grens, doer bo by Upington en by meer as een geleentheid al alleen Vrystaat en Gauteng toe gery om dit te gaan doen waarvoor die Here my opdrag gegee het.

Só ry ek met ‘n VW Amarok en ‘n 4m lange sleepwa, vol kerkstoele vir ‘n kerk in die suide van Namibië.    Ek leer wat geloof is, soos om 90km voor die volgende vulstasie ‘n waarskuwing te kry dat my bakkie se brandstof op is en sing al die pad Chris Tomlin se “How Great is our God” – toe die bakkie die ster van Dawid (Caltex!) gewaar, spoeg hy sy laaste asem uit voor die dieselpomp.

Ek vlieg Blantyre, Malawië toe om oor ‘n Paasnaweek daar te bedien. Die middag na die ‘Opstandingsdiens’, toe ek by die hotel kom en konnekteer aan die wifi, kry ek ‘n boodskap dat my pappa opgeneem is in Panorama Hospitaal.  Ek kon eers die Woensdag ‘n vlug terug kry Suid-Afrika toe, die enigste alternatief was ‘n vlug Llongwe toe in die hoop om die volgende dag van daar af te kon terugvlieg huis toe.  Hoe moeilik dit ook al was, moes ek hospitaal toe bel en vra dat hulle die telefoon na hom toe neem.  Ek het hom verseker dat ons baie lief is vir hom, maar dat hy nie vir my moet wag, as hy wil ‘huis’ toe gaan nie.  Die Woensdag aand toe ek in Johannesburg land, lui my foon – ek herken die nommer as Panorama hospitaal sn en verwag die ergste.  Hy het dit gemaak, maar moes opgeneem word in ‘n versorgingsoord.  Hy is ‘n jaar en sewe maande later oorlede.

My volgende uitdaging was Zambië.  Ek gaan draai in Kitwe,  bo in die Copperbelt streek, in die noorde van die land en op die grens van die DRC.  18 maande durf ek saam met  twee van die pastore van Friend of God, waar ons lidmate is, die lang pad aan Lusaka toe met die Amarok, met ‘n sleepwa gelaai met twee tente vir kerke.  Ons gaan draai eers in Phalaborwa, in die Noorde van Mpumalanga en vandaar via Martinsdrift, Limpopo deur Botswana. Slaggate, modderpaaie en korrupte slenderaars op die Zambiese grens is ons voorland.

IMG_0635.jpgIMG_0646IMG_0652.jpgIMG_0649.jpg

Daarna was dit vir 18 maande stil en ek het al begin wonder of die ‘res van die wêreld’ nog ‘n werklikheid gaan word. Dit was dus geen wonder dat ek so opgewonde geraak het oor die wêreldkaart waarop staan ‘She’s going places’ nie, ………………. en ek wag!

Toe, middel November kry ek ‘n Whatsap uit die Pretoria. My vriendin, Rina Kinnear van Africa Missions vra: “Wat is die kans dat jy die einde van die maand saam my kan Uganda toe vlieg.  Ek het jou nodig om vir die vroue daar te gaan bedien oor “Business principles in the Workplace”. Jy vra my dalk: Wat het dit met bediening te doen?

Ek glo daaraan dat as wedergebore kind van Jesus ek my besigheid op Goddelike beginsel moet bestuur.  Die feit dat die Here my eers in besigheid geplaas het, voor ek in die bediening beland het,  het definitief ‘n invloed op my bediening want ek het geleer hoe om my bediening op dieselfde voortreflike manier te bestuur as wat ek my besigheid bestuur.  Ek was by geleentheid tydens die Sakevrou van die Jaar toekennings gevra waaraan ek die sukses van my besigheid toeskryf en my antwoord was:

  1. Die feit dat ek my besigheid aan my God toevertrou het;
  2. Dat ek die beginsel van saai en maai toepas in my besigheid; en
  3. dat ek glo in voortreflikheid en goeie diens.

Daarom is dit vir my ‘n voorreg om hierdie beginsels aan ander vroue in die werksplek te kan meedeel en diegene wat ‘n besigheid wil begin te kan toerus met die regte beginsels.

Binne twee weke, vandat Rina my gekontak het, was my visum was in orde ; my vliegkaartjie betaal deur my besigheid en my man het my verblyf en sakgeld betaal, sonder dat ek vir my dogter of my man daarvoor gevra het – dit het net vanself gekom.  Op die 26ste November, sesuur die oggend styg SAA se vliegtuig in Kaapstad op en 7 1/2 ure later sirkel die vliegtuig oor die Victoria meer om in Entebbe te land.IMG_8127

Toe ek 12 jaar oud was, het ek in die Aardrykskundeklas geleer van die Victoria meer in Oos-Afrika, dat dit omring word deur Tanzania, Uganda en Kenia en dat dit die uitvloeisel is van die Victoria Nylrivier van Egipte en Soedan se kant af.  Ek onthou dat ek  vir myself gesê het: “Hoe sal ek dit dan nou ooit regkry om dié meer te besoek?” Min het ek geweet waar die Here my nog oral gaan stuur.

“She’s going places.”

 

 

Jozi’s, twee vroue en ‘n GPS

Ek is hierdie week in GP vir n gebed seminaar in Alberton. Volgens Google Maps is dit ongeveer 1 ¼ uur vanaf Equestria, in die Ooste van Pretoria, waar Dalene, my vriendin bly. As gevolg van die feit dat verblyf in die Suide van Johannesburg baie duur is, het ons besluit om liewer elke dag die pad aan te durf soontoe.

Ek is ‘n gesoute bestuurder in spitsverkeer en gewoond daaraan om met die GPS te bestuur, selfs in NY. Nou is ek egter navigator vir Dalene, met die selfoon en Google maps as geselskap.

Ek het nooit geweet dit is so moeilik om ‘n navigator te wees nie. Dalene het vir ongeveer 6 jaar nooit regtig snelwee gery nie en bestuur dus nie naastenby so vinnig soos haar Kaapse vriendin nie. Dit is egter nie hier waar die probleem le nie!

Die tante op die GPS vertel vir my hoe ons moet ry en Dalene luister so half met die een oor saam, terwyl sy bestuur. Die gesprek loop soos volg: “In 400m, draai links.” Teen daardie tyd is Dalene al by die afdraai. Skielik hoor sy hier van die kant af: “Hou reguit aan”. Die volgende oomblik voel ek hoe ruk sy die Brio na regs. “Waar gaan jy heen” vra ek. Sy antwoord: die tante se dan ek moet reguit aan hou’. Ek skree: “Nee, draai links, daarna moet jy reguit aan hou. Die Brio vlieg bo-oor die sperstreep en die eiland in die afdraai baan in.

By die volgende padwisselaar se die GPS dat ons in 400m na links moet hou en dan weer reguit aan ry. Dalene draai links. Sy moes eintlik net reguit aangehou het. Ek beduie vir haar dat sy ‘daar’ moes gery het en Dalene vra: ‘waar’? So kom ons na 1 ¾ uur daar aan!!

‘n GPS is nie altyd die regte aanwyser om jou sonder moeite by ‘n bestemming te kry nie.

My vraag, na aanleiding hiervan is: “hoeveel mense luister deesdae na ander mense vir leiding, net om so die verkeerde afdraai te vat?”

Maak seker dat jy God die Vader, Seun en Heilige Gees as rigtingwysers in jou lewe het en volg Sy Woord streng na.

Spreek lewe, ontvang jou seëninge. Speak live, receive your blessings

Spreek lewe, ontvang jou seëninge. Speak live, receive your blessings

Iets wat vir my baie opvallend was van binnelandse lugrederye in was die vriendelike diens wat ons aan boord gekry het.  Van die oomblik dat jy inboek, totdat jy by jou bestemming aankom, sien jy net vriendelike gesigte.  Kliëntediens is duidelik baie belangrik vir die laekoste lugrederye – agter allesis daar soveel van hulle om van te kies.

So vlieg ek binne vyf dae nadat ons uit die VSA geland het, alweer Lanseria toe met een van die helder oranje vliegtuie, vernoem na ‘n heerlike soet somer vrug – jy verwag dus ‘n heerlike ‘soet’ ervaring wanneer jy met dié betrokke lugredery

vlieg – een van maar net drie laekoste lugrederye in Suid-Afrika.  Die betrokke vlug is die laaste een vir die dag vanaf Kaapstad naLanseria.  Twee baie suur lugwaardinne wag my in toe ek die trappies op stap.  Duidelik het die dag te lank geraak vir hulle.Van ‘n mooi glimlag is daar geen sprake nie en ek wonder of die vrug skielik suur geraak het.😜 

Vier dae later ry Pieter en ek terug Kaapstad toe met die bakkie.Dis reeds donker toe ons by ‘n bekende restaurant, by ‘n ultra-vulstasie op Bloemfontein instap. Die kelnerin glimlag só vriendelik, dis ‘n absolute teenstelling teenoor die twee ‘soet vrugte’ dames op die oranje vliegtuig.  Toe ons daar wegry, groetsy ons met ‘n seën gebed en ek gee haar ‘n drukkie van dankbaarheid vir haar mooi gebaar.  

Dis laat aand toe ek Richmond binne ry. Buite is dit ysig koud.   ‘n Jong man groet vriendelik toe ek by die kafee instap en bied aan om my by die koffie masjien te help.  Ek druk hom ‘n R5 in die hand vir sy mooi gebaar.  Hy verneem bekommerd of ons regtig in die donker nag moet verder ry en verwys ons na die gastekamerslangs die motorhawe.  Ek sé nee, my man het geslaap van Bloemfontein af, terwyl ek bestuur het, hy sal nou weer verder bestuur.  Dit maak my hart so bly dat daar nog mense is wat dit vir ons die moeite werd maak om in hierdie land te bly.  

Gisteroggend klim ek weer op die oranje vliegtuig Lanseria toe.  By die inboek toonbank komplimenteer ek die grondwaardin aan diens met haar vlytige diens en merk op dat sy definitief die ‘vinnige baan’ beman.  Sy vertel my dat sy net deeltyds aangestel is en slegs aan diens is wanneer daar ‘n hoë volume vlugte op ‘n dag vertrek.  Al wat sy kan doen is om te bid dat die Here vir haar ‘n deur sal oopmaak.

Ek bemoedig haar : “Speak life over your situation.  Claim your permanent job. Start thanking God for your miracle.  The moment that you start manifesting your job you will receive it in Jesus Name.  Don’t stop praising God for your miracle to come.”  Sy het trane in haar oë toe ek wegstap.

Ek stap reguit na die sekuriteitshek toe en sien die láng toue wat wag om deur sekuriteit te gaan. My been voel reeds die druk van die lang staan. Voor, by die ingang staan ‘n sekuriteitsbeampte. “Good morning, m’am, how are you?” Ek groet vriendelik terug. “M’am, are you ok to go and stand in that long queue?” Ek antwoord: “Not really, but why are you asking?” Hy antwoord my terug: “M’am, I have noticed the condition of your leg and felt urgued to give you VIP service.” Ek staar hom verstomd aan. Hy neem my instap kaartjie, skandeer dit en vergesel my na ‘n sekuriteitshek. “You can go through m’am.” As dit nie guns is nie weet ek nie wat guns is nie. “Speak life, receive your blessings”, weergalm dit in my ore.”Thank you sir, mayGod bless you abundantly, have a great day”, seën-groet ek hom terug.

Onder by die instap hek, gee ‘n man vir my voorkeur om deurte stap, toe ek buite kom, word ek na die leë bus gestuur waar omtrent 20 leë sitplekke my inwag! Guns, ja guns!!

Skielik praat die Here met met my: “As jy maar net lankal van jou selfbeeld probleem ontslae geraak het, het jy al lankal die voorreg geniet om guns te kry in sulke situasies.

Sedert my been in 1989 begin probleme gee het, het dit al hoe dikker geword, tot by die punt dat ek dit begin weg steek het onder wye langbroeke en lang rokke. Wanneer ek op ‘n gestremde parkeerplek gestop het, was ek telkemale deur die publiek aangespreek, omdat ek nie ‘gestremd’ is nie. Sulke tye moes ek eers my langbroek of rok se soom oplig om hul bewus te maak van my probleem. Ek was baie bewus van die dik been en het dit gehaat as iemand my aanstaar.

Verlede jaar, tydens die Kersvakansie neem ons ‘n padrit met ons RV Hermanus, Swellendam, Stilbaai en Hartenbos toe.Op my verjaarsdag, die 29e Desember, kamp ons in Swellendamse karavaanpark en dit is bloedig warm. Ek dra ‘n jean, met ‘n kort rok bo-oor. Uit pure frustrasie pluk ek die jean uit en stap daarsonder in die park rond aangesien daarnie veel kampeerders in die kamp is nie.

In Hartenbos kry ons ‘n lieflike staanplek langs die see. Ek sit buite en beskou die wêreld rondom my. ‘n Vrou stap verby, op pad see toe. Sy het’n kortbroek aan.Sy is duidelikmeer gewigtig om die lyf as ek. Haar bo-bene is heelwat dikker as my ‘dik’ been, maar sy is niks gepla nie en geensins ongemaklik nie. Ek kyk en ek kyk weer, maar nie sonder rede nie.

Net daar, op die 31e Desember 2017 neem ek ‘n besluit. Ek gaan níé weer my been vir die wêreld wegsteek nie. Ek klimin die RV in, pluk die jean uit, trek my wit plakkies aan, wit panama hoed op my kop en vat die pad stalletjies toe, met my man aan my sy. ‘n Vrou kom van voor af aangestap enstop my. Sy komplimenteer my en sê dat ek so mooi aangetrek is. Ek sal nie ontken dat ek hou van die nuwe mooi somer rokke wat net bo-kant of onderkant die knie sit nie en het dit altyd bo-oor my langbroek gedra.Sy móés my been se toestand raak gesien het, maar sy het besluit om die positiewe raak te sien, eerder as die negatiewe.

“Spreek lewe, ignoreer die negatiewe en fokus op die positiewe.”

Vroeg oggend, nog voor ek lughawe toe gery het, het die Here my al geseën met ‘n paar R200 note om te help om my onkostes vir die week te betaal by die gebedseminaar wat ek gaan bywoon in Alberton. Ek kry gratis blyplek en vervoer van Pretoria af Alberton toe, elke dag. Ek hoef nie eens ‘n motor te huur nie. Guns op guns.

Skaars in Pretoria aangekom, kry ek ‘n splinternuwe ‘power bank’ vir my selfoon present.

Chris Beukes het Sondagaand gepreek oor New Mercies – hy het so begeesterd gepreek, ek wou hom sommer aanpor.   Chris, dankie vir jou boodskap. Een van die dinge wat hy genoem het is dat ons oor ander mense ook guns moet spreek –

Ek moedig jou aan, spreek lewe in jou situasie, spreek gunsin jou lewe, spreek seëninge oor ander mense rondom jou en ontvang die seen van die Here ook in jou lewe.

Mag jy ‘n besondere week beleef in die teenwoordigheid van die Here.

Nerina

I love NY

Pieter het borduurwerk op ‘n hemp laat doen.  Hangende af van hoe jy hom lees, lees dit soos volg:
I love KNYSNA❤️

Jy kan lees Knysna, of jy kan lees NY – twee van my man se gunsteling plekke in die wêreld.

Ons is twee dae voor ons sou terug vertrek Suid-Afrika toe, weg van Summit af.  Hiervandaan het ons na die buitewyke van NY, ongeveer 60mi van die middestad af, geskuif sodat ons nader aan die lughawe kon wees.

Die metro loop hiervandaan reguit NY toe, die ideale vervoer middel, aangesien parkeerplek in NY ontsaglik duur is.  Ons was by Day’s Inn in Newburgh tuis.  Die volgende oggend vroeg neem ek vir Pieter na die naaste groot metro stasie toe, ongeveer 15km van waar ons bly.  Baie van my vriendinne is heel verstom as hulle hoor dat ek in NY bestuur, maar ek het my voorgeneem dat alles wat ek in Suid-Afrika doen, kan ek hier ook doen!!  Dus klim Nerina agter die linkerhand Chevrolet se stuur in en daar gaan ek.

Ek is eerlik as ek sê dat ek met die wegneem slag stasie toe, maar baie versigtig was, maar teen die tyd dat ek die middag weer vir Pieter moes gaan haal, was ek heel gewoond aan die linkerhand stuur, die tolhekke waar ek moes betaal en nog vele meer moets en moenies.

Dit is nie net om aan die linkerkant van die pad te bestuur nie.  Amerika het baie streng padreëls en die Amerikaners is baie versigtig om enigsins die reëls te oortree. Jou bestuurslisensie is daar jou identiteitskaart, begaan jy ‘n misdaad word jy behoorlik gemerk en kan jou lisensie afgeneem word.

Spoedbeperkings is ietwat anders as hier –  ek onthou toe ek nog ‘n kind was, voor ons oorgeskakel het na die desimale stelsel toe, was die spoed limiet op ons hoof paaie 72mpu.  In die VSA is dit 65mpu, dus is my voet bietjie swaar op die petrol en praat my man my kort kort aan.  Jy sien, ek is meer geneig om 140kmpu hier by ons te ry😜 – dit 85mpu!!

Die spoed wissel ook redelik baie – in sekere stedelike gebiede kom dit af tot 55mpu, self 45mpu;  én wanneer jy ‘n skool nader is daar ‘n waarskuwingsteken wat sê dat jy naby ‘n skool is.  Onmiddellik kom die spoed af na 25mpu.  Voor jy nie heeltemal verby die skool is nie, mag jy nie vinniger ry nie.

Wanneer jy agter ‘n skoolbus ry, moet jy onmiddellik stadiger ry.  Sodra die skoolbus stop, moet jy ook stop en wag tot die bus weer vertrek.  Geen taxis wat verby jaag teen ‘n spoed nie!1  Wet en orde geskied hier.

‘n Ander interessantheid is dat jy, wanneer jy deur ‘n parkeerarea ry, op die uitkyk moet wees vir voetgangers.  Die voetgangers hoef nie vir die verkeer te wag om verby te ry nie, nee aankomende verkeer stop onmiddellik vir ‘n voetganger wat oor die pad na sy/haar motor toe stap.  Die wonderlike hiervan is dat as dit reën, jy nie hoef te wag vir die verkeer om verby te kom en sodoende sopnat reën nie, die motorbestuurder sit heerlik droog in sy motor – jy as voetganger kry voorkeur.  Terug by die huis was ek erg geirriteerd wanneer ‘n motor nie stop, sodra ek oor die parkeerterrein stap nie.  Hulle moet mos weet!!

Motors wat by stopstrate wag om te ry, wag geduldig vir die motoriste wat van voor af kom.  Daar is geen indrukkery nie.  Motoriste is ontsettend beleef.

Ek kan regtig die minister van Vervoer aanbeveel om bietjie te gaan kers opsteek in Amerika oor hoe dit daar gedoen word en dit hier kom implimenteer.  Die ongeluk syfer in Suid-Afrika sal drasties daal as hul die Amerikaners se voorbeeld volg.

Nou ja, ek was nogal bietjie hartseer die oggend toe ek SAA se Airbus op JFK tegemoet stap.  “America, it’s not my last visit.  I’m definitely coming back as soon as possible.

IMG_4548