Spreek lewe, ontvang jou seëninge.
Speak live, receive your blessings
Iets wat vir my baie opvallend was van binnelandse lugrederye in die VSA was die vriendelike diens wat ons aan boord gekry het. Van die oomblik dat jy inboek, totdat jy by jou bestemming aankom, sien jy net vriendelike gesigte. Kliëntediens is duidelik baie belangrik vir die laekoste lugrederye – agter alles is daar soveel van hulle om van te kies.
So vlieg ek binne vyf dae nadat ons uit die VSA geland het, alweer Lanseria toe met een van die helder oranje vliegtuie, vernoem na ‘n heerlike soet somer vrug – jy verwag dus ‘n heerlike ‘soet’ ervaring wanneer jy met dié betrokke lugredery vlieg – een van maar net drie laekoste lugrederye in Suid-Afrika. Die betrokke vlug is die laaste een vir die dag vanaf Kaapstad na Lanseria. Twee baie suur lugwaardinne wag my in toe ek die trappies op stap. Duidelik het die dag te lank geraak vir hulle.Van ‘n mooi glimlag is daar geen sprake nie en ek wonder of die vrug skielik suur geraak het.😜
Vier dae later ry Pieter en ek terug Kaapstad toe met die bakkie. Dis reeds donker toe ons by ‘n bekende kitskos restaurant, by ‘n ultra-vulstasie op Bloemfontein instap. Die kelnerin glimlag só vriendelik, dis ‘n absolute teenstelling teenoor die twee ‘soet vrugte’ dames op die oranje vliegtuig. Toe ons daar wegry, groet sy ons met ‘n seën gebed en ek gee haar ‘n drukkie van dankbaarheid vir haar mooi gebaar.
Dis laat aand toe ek Richmond binne ry. Buite is dit ysig koud. ‘n Jong man groet vriendelik toe ek by die kafee instap en bied aan om my by die koffie masjien te help. Ek druk hom ‘n R5 in die hand vir sy mooi gebaar. Hy verneem bekommerd of ons regtig in die donker nag moet verder ry en verwys ons na die gastekamers langs die motorhawe. Ek sé dankie, my man het geslaap al die pad van van Bloemfontein af, terwyl ek bestuur het, hy sal nou weer verder bestuur. Dit maak my hart so bly dat daar nog mense is wat dit vir ons die moeite werd maak om in hierdie land te bly.
Gisteroggend klim ek weer op die oranje vliegtuig Lanseria toe. By die inboek toonbank komplimenteer ek die grondwaardin aan diens met haar vlytige diens en merk op dat sy definitief die ‘vinnige baan’ beman. Sy vertel my dat sy net deeltyds aangestel is en slegs aan diens is wanneer daar ‘n hoë volume vlugte op ‘n dag vertrek. Al wat sy kan doen is om te bid dat die Here vir haar ‘n deur sal oopmaak vir n permanente pos.
Ek bemoedig haar : “Speak life over your situation. Claim your permanent job. Start thanking God for your miracle. The moment that you start manifesting your job you will receive it in Jesus Name. Don’t stop praising God for your miracle to come.” Sy het trane in haar oë toe ek wegstap.
Ek stap reguit na die sekuriteitshek toe en sien die láng toue wat wag om deur sekuriteit te gaan. My been voel reeds die druk van die lang staan. Voor, by die ingang staan ‘n sekuriteitsbeampte. “Good morning, m’am, how are you?” Ek groet vriendelik terug. “M’am, are you ok to go and stand in that long queue?” Ek antwoord: “Not really, but why are you asking?” Hy antwoord my terug: “M’am, I have noticed the condition of your leg and felt urgued to give you VIP service.” Ek staar hom verstom aan. Hy neem my instap kaartjie, skandeer dit en vergesel my na ‘n sekuriteitshek. “You can go through m’am.” As dit nie guns is nie weet ek nie wat guns is nie. “Speak life, receive your blessings”, weergalm dit in my ore.”Thank you sir, may God bless you abundantly, have a great day”, seën-groet ek hom terug.
Onder by die instap hek, gee ‘n man vir my voorkeur om deur te stap, toe ek buite kom, word ek na ‘n leë bus gestuur waar omtrent 20 leë sitplekke my inwag! Guns, ja guns!!
Skielik praat die Here met met my: “As jy maar net lankal van jou selfbeeld probleem ontslae geraak het, het jy al lankal die voorreg geniet om guns te kry in sulke situasies.
Sedert my been in 1989 begin probleme gee het, het dit al hoe dikker geword, tot by die punt dat ek dit begin weg steek het onder wye langbroeke en lang rokke. Wanneer ek op ‘n gestremde parkeerplek gestop het, was ek telkemale deur die publiek aangespreek, omdat ek nie ‘gestremd’ is nie. Sulke tye moes ek eers my langbroek of rok se soom oplig om hul bewus te maak van my probleem. Ek was baie bewus van die dik been en het dit gehaat as iemand my aanstaar.
Einde 2017, tydens die Kersvakansie, neem ons ‘n padrit met ons RV deur Hermanus, Swellendam, Stilbaai en daarna Hartenbos toe.Op my verjaarsdag, die 29e Desember, kamp ons in Swellendam se karavaanpark en dit is bloedig warm. Ek dra ‘n jean, met ‘n kort rok bo-oor. Uit pure frustrasie pluk ek die jean uit en stap daarsonder in die park rond aangesien daar nie veel kampeerders in die kamp is nie.
In Hartenbos kry ons ‘n lieflike staanplek langs die see. Ek sit buite en beskou die wêreld rondom my. ‘n Vrou stap verby, op pad see toe. Sy het’n kortbroek aan. Sy is duidelik meer gewigtig om die lyf as ek. Haar bo-bene is heelwat dikker as my ‘dik’ been, maar sy is niks gepla nie en geensins ongemaklik nie. Ek kyk en ek kyk weer, maar nie sonder rede nie.
Net daar, op 31 Desember 2017 neem ek ‘n besluit. Ek gaan níé weer my been vir die wêreld wegsteek nie. Ek klim in die RV in, pluk die jean uit, trek my wit plakkies aan, wit panama hoed op my kop en vat die pad stalletjies toe, met my man aan my sy. ‘n Vrou kom van voor af aangestap en stop my. Sy komplimenteer my en sê dat ek so mooi aangetrek is. Ek sal nie ontken dat ek hou van die nuwe mooi somer rokke wat net bo-kant of onderkant die knie sit nie en het dit altyd bo-oor my langbroek gedra. Sy móés my been se toestand raak gesien het, maar sy het besluit om die positiewe raak te sien, eerder as die negatiewe.
“Spreek lewe, ignoreer die negatiewe en fokus op die positiewe.”
Vroeg oggend, nog voor ek lughawe toe gery het, het die Here my al geseën met ‘n paar R200 note om te help om my onkostes vir die week te betaal by die gebedseminaar wat ek gaan bywoon in Alberton. Ek kry gratis blyplek en vervoer van Pretoria af Alberton toe vir die hele tydperk. Ek hoef nie eens ‘n motor te huur nie. Guns op guns.
Skaars in Pretoria aangekom, kry ek ‘n splinternuwe ‘power bank’ vir my selfoon present.
Chris Beukes het onlangs by Friend of God gepreek oor New Mercies – hy het so begeesterd gepreek, ek wou hom sommer aanpor. Chris, dankie vir jou boodskap. Een van die dinge wat hy genoem het is dat ons oor ander mense ook guns moet spreek –
Ek moedig jou aan, spreek lewe in jou situasie, spreek guns in jou lewe, spreek seëninge oor ander mense rondom jou en ontvang die seën van die Here ook in jou lewe.
Mag jy ‘n besondere week beleef in die teenwoordigheid van die Here.
Nerina