Uganda, Matoke en Buganda – hoe het ek dáár beland?

Wanneer jy op reis gaan, dink jy dat daar baie tyd sal wees om jou reis ervaringe neer te skryf.  Die dae vlieg egter so vinnig, veral as jy op ‘n spesifieke sending is en voor jy jou kom kry, is die tyd verby en jy vlieg huis toe.

Ses maande gelede staan ek in ‘n Hobby Lobby winkel in Houston, TX en sien ‘n pienk wêreldkaart raak – pienk, die kenmerklike kleur waarmee ‘n vrou geassosieer word.  Op die kaart staan geskryf: cropped-img_7558.jpg

en ek sien dit as profeties oor my eie lewe.  In 1997 was daar oor my geprofeteer dat ek in ‘n vroue bediening gaan beweeg en vroue regoor Suid-Afrika en in die buiteland bedien.

Nege jaar later het die profesie begin bewaarheid raak en ek het vrouekonferensies begin aanbied.  Weer bietjie terug in my geskiedenis!

Ek is getroud met ‘n man wat lief is vir die wandelpad. Só het hy my bekend gestel aan kamp, karavaan en motorboot sleep, waar jy nie kans het om te sê ‘ek het nog nooit nie’, ‘ek kan nie’, ‘ek wil nie’.  Daarom was lang pad ry glad nie vir my ‘n bedreiging nie en ek het dus met gemak self die lang pad aan gedurf Suid-Kaap en Oos-Kaap toe, tot teenaan die Namibiese grens, doer bo by Upington en by meer as een geleentheid al alleen Vrystaat en Gauteng toe gery om dit te gaan doen waarvoor die Here my opdrag gegee het.

Só ry ek met ‘n VW Amarok en ‘n 4m lange sleepwa, vol kerkstoele vir ‘n kerk in die suide van Namibië.    Ek leer wat geloof is, soos om 90km voor die volgende vulstasie ‘n waarskuwing te kry dat my bakkie se brandstof op is en sing al die pad Chris Tomlin se “How Great is our God” – toe die bakkie die ster van Dawid (Caltex!) gewaar, spoeg hy sy laaste asem uit voor die dieselpomp.

Ek vlieg Blantyre, Malawië toe om oor ‘n Paasnaweek daar te bedien. Die middag na die ‘Opstandingsdiens’, toe ek by die hotel kom en konnekteer aan die wifi, kry ek ‘n boodskap dat my pappa opgeneem is in Panorama Hospitaal.  Ek kon eers die Woensdag ‘n vlug terug kry Suid-Afrika toe, die enigste alternatief was ‘n vlug Llongwe toe in die hoop om die volgende dag van daar af te kon terugvlieg huis toe.  Hoe moeilik dit ook al was, moes ek hospitaal toe bel en vra dat hulle die telefoon na hom toe neem.  Ek het hom verseker dat ons baie lief is vir hom, maar dat hy nie vir my moet wag, as hy wil ‘huis’ toe gaan nie.  Die Woensdag aand toe ek in Johannesburg land, lui my foon – ek herken die nommer as Panorama hospitaal sn en verwag die ergste.  Hy het dit gemaak, maar moes opgeneem word in ‘n versorgingsoord.  Hy is ‘n jaar en sewe maande later oorlede.

My volgende uitdaging was Zambië.  Ek gaan draai in Kitwe,  bo in die Copperbelt streek, in die noorde van die land en op die grens van die DRC.  18 maande durf ek saam met  twee van die pastore van Friend of God, waar ons lidmate is, die lang pad aan Lusaka toe met die Amarok, met ‘n sleepwa gelaai met twee tente vir kerke.  Ons gaan draai eers in Phalaborwa, in die Noorde van Mpumalanga en vandaar via Martinsdrift, Limpopo deur Botswana. Slaggate, modderpaaie en korrupte slenderaars op die Zambiese grens is ons voorland.

IMG_0635.jpgIMG_0646IMG_0652.jpgIMG_0649.jpg

Daarna was dit vir 18 maande stil en ek het al begin wonder of die ‘res van die wêreld’ nog ‘n werklikheid gaan word. Dit was dus geen wonder dat ek so opgewonde geraak het oor die wêreldkaart waarop staan ‘She’s going places’ nie, ………………. en ek wag!

Toe, middel November kry ek ‘n Whatsap uit die Pretoria. My vriendin, Rina Kinnear van Africa Missions vra: “Wat is die kans dat jy die einde van die maand saam my kan Uganda toe vlieg.  Ek het jou nodig om vir die vroue daar te gaan bedien oor “Business principles in the Workplace”. Jy vra my dalk: Wat het dit met bediening te doen?

Ek glo daaraan dat as wedergebore kind van Jesus ek my besigheid op Goddelike beginsel moet bestuur.  Die feit dat die Here my eers in besigheid geplaas het, voor ek in die bediening beland het,  het definitief ‘n invloed op my bediening want ek het geleer hoe om my bediening op dieselfde voortreflike manier te bestuur as wat ek my besigheid bestuur.  Ek was by geleentheid tydens die Sakevrou van die Jaar toekennings gevra waaraan ek die sukses van my besigheid toeskryf en my antwoord was:

  1. Die feit dat ek my besigheid aan my God toevertrou het;
  2. Dat ek die beginsel van saai en maai toepas in my besigheid; en
  3. dat ek glo in voortreflikheid en goeie diens.

Daarom is dit vir my ‘n voorreg om hierdie beginsels aan ander vroue in die werksplek te kan meedeel en diegene wat ‘n besigheid wil begin te kan toerus met die regte beginsels.

Binne twee weke, vandat Rina my gekontak het, was my visum was in orde ; my vliegkaartjie betaal deur my besigheid en my man het my verblyf en sakgeld betaal, sonder dat ek vir my dogter of my man daarvoor gevra het – dit het net vanself gekom.  Op die 26ste November, sesuur die oggend styg SAA se vliegtuig in Kaapstad op en 7 1/2 ure later sirkel die vliegtuig oor die Victoria meer om in Entebbe te land.IMG_8127

Toe ek 12 jaar oud was, het ek in die Aardrykskundeklas geleer van die Victoria meer in Oos-Afrika, dat dit omring word deur Tanzania, Uganda en Kenia en dat dit die uitvloeisel is van die Victoria Nylrivier van Egipte en Soedan se kant af.  Ek onthou dat ek  vir myself gesê het: “Hoe sal ek dit dan nou ooit regkry om dié meer te besoek?” Min het ek geweet waar die Here my nog oral gaan stuur.

“She’s going places.”