I love NY

Pieter het borduurwerk op ‘n hemp laat doen.  Hangende af van hoe jy hom lees, lees dit soos volg:
I love KNYSNA❤️

Jy kan lees Knysna, of jy kan lees NY – twee van my man se gunsteling plekke in die wêreld.

Ons is twee dae voor ons sou terug vertrek Suid-Afrika toe, weg van Summit af.  Hiervandaan het ons na die buitewyke van NY, ongeveer 60mi van die middestad af, geskuif sodat ons nader aan die lughawe kon wees.

Die metro loop hiervandaan reguit NY toe, die ideale vervoer middel, aangesien parkeerplek in NY ontsaglik duur is.  Ons was by Day’s Inn in Newburgh tuis.  Die volgende oggend vroeg neem ek vir Pieter na die naaste groot metro stasie toe, ongeveer 15km van waar ons bly.  Baie van my vriendinne is heel verstom as hulle hoor dat ek in NY bestuur, maar ek het my voorgeneem dat alles wat ek in Suid-Afrika doen, kan ek hier ook doen!!  Dus klim Nerina agter die linkerhand Chevrolet se stuur in en daar gaan ek.

Ek is eerlik as ek sê dat ek met die wegneem slag stasie toe, maar baie versigtig was, maar teen die tyd dat ek die middag weer vir Pieter moes gaan haal, was ek heel gewoond aan die linkerhand stuur, die tolhekke waar ek moes betaal en nog vele meer moets en moenies.

Dit is nie net om aan die linkerkant van die pad te bestuur nie.  Amerika het baie streng padreëls en die Amerikaners is baie versigtig om enigsins die reëls te oortree. Jou bestuurslisensie is daar jou identiteitskaart, begaan jy ‘n misdaad word jy behoorlik gemerk en kan jou lisensie afgeneem word.

Spoedbeperkings is ietwat anders as hier –  ek onthou toe ek nog ‘n kind was, voor ons oorgeskakel het na die desimale stelsel toe, was die spoed limiet op ons hoof paaie 72mpu.  In die VSA is dit 65mpu, dus is my voet bietjie swaar op die petrol en praat my man my kort kort aan.  Jy sien, ek is meer geneig om 140kmpu hier by ons te ry😜 – dit 85mpu!!

Die spoed wissel ook redelik baie – in sekere stedelike gebiede kom dit af tot 55mpu, self 45mpu;  én wanneer jy ‘n skool nader is daar ‘n waarskuwingsteken wat sê dat jy naby ‘n skool is.  Onmiddellik kom die spoed af na 25mpu.  Voor jy nie heeltemal verby die skool is nie, mag jy nie vinniger ry nie.

Wanneer jy agter ‘n skoolbus ry, moet jy onmiddellik stadiger ry.  Sodra die skoolbus stop, moet jy ook stop en wag tot die bus weer vertrek.  Geen taxis wat verby jaag teen ‘n spoed nie!1  Wet en orde geskied hier.

‘n Ander interessantheid is dat jy, wanneer jy deur ‘n parkeerarea ry, op die uitkyk moet wees vir voetgangers.  Die voetgangers hoef nie vir die verkeer te wag om verby te ry nie, nee aankomende verkeer stop onmiddellik vir ‘n voetganger wat oor die pad na sy/haar motor toe stap.  Die wonderlike hiervan is dat as dit reën, jy nie hoef te wag vir die verkeer om verby te kom en sodoende sopnat reën nie, die motorbestuurder sit heerlik droog in sy motor – jy as voetganger kry voorkeur.  Terug by die huis was ek erg geirriteerd wanneer ‘n motor nie stop, sodra ek oor die parkeerterrein stap nie.  Hulle moet mos weet!!

Motors wat by stopstrate wag om te ry, wag geduldig vir die motoriste wat van voor af kom.  Daar is geen indrukkery nie.  Motoriste is ontsettend beleef.

Ek kan regtig die minister van Vervoer aanbeveel om bietjie te gaan kers opsteek in Amerika oor hoe dit daar gedoen word en dit hier kom implimenteer.  Die ongeluk syfer in Suid-Afrika sal drasties daal as hul die Amerikaners se voorbeeld volg.

Nou ja, ek was nogal bietjie hartseer die oggend toe ek SAA se Airbus op JFK tegemoet stap.  “America, it’s not my last visit.  I’m definitely coming back as soon as possible.

IMG_4548

 

Die lewe in die stad

Leri my kleindogter is ‘n kunstenaar. Sy doen modelwerk, sing en doen sommer drama in dieselfde tyd. Sy het onlangs vier medaljes huis toe gebring vir sang en drama en het gehoop sy kan hierdie jaar Los Angeles toe gaan om daar te gaan optree.  LA het ‘n magiese aantrekkingskrag en word vreeslik geromantiseer.

In die werklikheid is dit ‘n stad soos enige stad ter wêreld. ‘n Stad waar daar gelag word, waar daar hartseer is en net so ook armoede. San Bernadino, is ongeveer 80km van LA af, met Ontario lughawe as die naaste lughawe aan die stad.

Ek is die Sondag terug Redlands, San Bernadino toe om bietjie by my vriendin, Christelle te gaan kuier.

Een ding wat ek opgelet het is dat die Amerikaanse manier van bly, aansienlik verskil van die Suid-Afrikaners s’n.  Hier bly die mense in gerieflike groot huise op groot erwe.  Kies hul om in ‘n woonstel te bly, is die woonstelle ruim en groot en goed toegerus.

Christelle en Jaco woon in so ‘n kompleks.  Die woonstel is ruim en voel vir my glad nie na ‘n woonstel nie.  Die huise in Amerika het almal lugreeling en verwarming in.  Hier is instap klerekaste standaard, by ons is dit ‘n luukse.  Die deursnee Amerikaner maak self hul huise skoon, aangesien arbeid baie duur is – ongeveer R1500 per dag vir ‘n handlanger.  Daarom word die huise toegerus met toebehore wat die lewe makliker maak vir die inwoner.

In hierdie woonstel kompleks is ‘n wassery wat baie netjies gehou word deur die inwoners.  ‘n Groot swembad maak deel uit van die kompleks.  Christelle hulle het hul eie klein binnehof, waar ek myself lekker uitgestrek het terwyl ek met my iPad op my skoot sit en werk het.  Ek het gevoel ek is buite in die natuur ten spyte daarvan dat die binnehof klein was, was dit rustig en ontspannend.

Om elke hoek en draai sien ‘n mens nael-salonne waar jy jou naels kan laat doen.  Ek was so bevoorreg om deur my vriendin bederf te word en het sommer my naels net daar laat doen aangesien dit hopeloos uitgegroei was.

Marbi, die Von Wiellighs se dogter, het van die expats wat hul ken, uitgenooi vir ‘n braai by hul huis. Ek het haar Amerikaanse man, Adam, gekomplimenteer en gesê dat hy enige tyd sal kan kers vashou met ons boere-manier van braai

Toe kom die verassing wat ek nooit verwag het, binne in ‘n groot stad soos Los Angeles en spesifiek San Bernadino nie.

 

Die  Von Wiellighs en Marbi het spesiaal ‘n dag afgeneem by die werk sodat ons die wêreld kan verken.

Binne 10 min. nadat ons van Marbi se huis af vertrek het, het die wêreld rondom ons begin verander na ‘n landelike omgewing en kon ek hoor dat die motor meer krag nodig het vir die bergpas wat voorlê. Buite San Bernadino is die mooiste berg hutte waar sommige van die inwoners permanent woon en elke dag pendel om in die stad te stad gaan werk.

So arriveer ons in ‘n idilliese dorpie, wat in die winter ‘n groot aantrekkingskrag is vir skiērs. Big Bear is vol klein winkeltjies waar jy die mooiste skilderye, leerbaadjies, houtsneewerk, ens. kan koop, asook restaurante wat heerlike eg Amerikaanse geregte bedien.

In dié dorp sien ek baie hout bere en wonder die ware beref dit in die winter tot in die dorp waag. Die houtsnee beelde lyk so eg, ek skrik my boeglam toe ek amper in een vasloop.

Aan die onderkant van die dorp loop ‘n lieflike meer deur. Langs die waterkant staan hout hutte ingeryg, ‘n heerlike ontspanningsoord vir winter en somer.

Van daar ry ons oor die berg na die Spear Head meer en dorp.  Dit laat my baie aan Knysna dink met al die woude rondom die huise. Net soos Knysna is dit omring deur koppe met bome waar jy ook so skielik op die dorpie af kom tussen die klowe. Ek sal dae kan spandeer op een van die hout dekke langs die water – rus vir die siel, ‘n ideale retreat om ‘n boek te kom skryf maar bietjie baie ver van die huis 😪

Hierdie “road-trip” was n wonderlike ervaring. Ekt nooit verwag om soveel skoonheid, so naby n groot stad te aanskou nie.

Ons tydtjie raak kort – ons vlieg die Vrydag oggend van Ontario af terug Le Guardia lughawe in New York toe, via Salt Lake City.  Met ons koms Los Angeles toe, het ons gemiddeld 3 ½ ure aan elke vlug tussen die lughawens van NY, Houston en Ontario spandeer. Hierdie keer is dit ‘n lang vlug NY toe. Ons vertrek 6vm uit Ontario (3vm in NY) en land eers 17:00 in NY.

Dit is ‘n lang naweek, met “Veteran’s Day ” op hande. ons moet ‘n motor by Hertz afhaal en dit is reeds 19:00 toe ons die stad verlaat. Die verkeer was so druk dat ons langs die pad afgetrek het by n rusplek en onself plat getrek het in die motor. Ons het die volgende oggend 3u eers in Summit aangrkom, 24u na ons uit LA weg is. Nodeloos om te sê dat ek die volgende dag nie baie aktief was nie.  IMG_4338

Verskoon my maar ek moet dit eintlik sing 😜 : “We’re marching to Zion, beautiful, beautiful Zion”.

Die oomblik toe ons Houston verlaat was my tyd van rustig wees verby. Die vlug na Ontario, CA toe duur so ongeveer 3,5 ure, ingesluit die oorstap op Phoenix, Arizona en ja, jy stap!!  Ek moet eerlik wees, American Airlines gee baie goeie diens.  Wanneer jy uitstap by aankoms, is daar ‘n grondwaardin beskikbaar by die toonbank om jou te help om weer die volgende lokaal se nommer aan jou te verskaf waar jy moet oorstap vir jou volgende vlug.  Alles is baie georganiseerd.

Ek was natuurlik baie opgewonde oor hierdie deel van ons vakansie, want ek sou na 9 jaar weer my voet neersit in CA en my twee expat Suid-Afrikaanse vriendinne, Eleanor Becker en Christelle von Wielligh sien. Interessant genoeg, het ek nege jaar gelede toe ek hier gekuier het, vir hulle twee aan mekaar voorgestel en vandag is hulle groot vriende. Christelle se dogter en haar man werk ook by die kerk, waar Eleanor hulle vroeer as pastoorspaar gedien het.

Toe ek afkom by die roltrap, rol die Afrikaans oor ons tonge en word ons van oral af aangestaar oor die babelse verwarring wat ons hier in die vreemde veroorsaak. Boonop alles, raak die sekuriteit heel op hol toe ons by die swaaideure uitstap …. die rede? ‘n Reuse bus-grootte Winnie Bago RV wieg die parkeerplek in om ons op te laai. Sekuriteit probeer ons verwilder, maar ons steur ons min daaraan en klim ewe grasieus binne in die bus in, terwyl ons gasheer, dr Hendrick Becker, ons bagasie onder in Winnie se maag weg bêre. “Oh my gosh” hoor ek van buite af – “maybe they’re celebrities?” Nou ja, so na aan ‘n sepiester was ek nog nooit in my lewe nie. 😂😂😂 

Winnie gly grasieus by LAX uit en ons sak weg in gemaklike leerstoele met ‘n glas koeldrank in die hand. Ek kry natuurlik die heerlike uitskopstoel wat die volgende vyf dae my geliefkose sitplek sou word.

 

Los Angeles se snelweē flits verby en kort voor lank is ons op die mooiste paaie wat ons al krullend en opdraende na Arizona en Utah se berg wêreld toe lei.

Soos jul op die foto kan sien, is Winnie Bago se reeksnaam Journey. Kyk, ek is ‘n Elvis Blue aanhanger en in my agterkop lui ‘n klokkie. Journey …. Ek gryp my iPhone uit my sak en siedaar sing Elvis Blue hartlik die lied uit volle bors op Winnie se luidsprekers. Jan Hoogendyk, jy weet dit net nie, maar jy is al die pad op reis saam ons in Amerika

.                

Wat ‘n fees. Ons is op pad Zion toe, ‘n afstand van 390 mi, saam met Hennie (dr Hendrick) en Eleanor Becker en hul seun Niel. Eleanor en ek het saam groot geword in Parow, in die Wes-Kaap en was ook van kindsdag af saam in dieselfde gemeente. Daar het sy en Hennie mekaar ontmoet, waarna hy by die AGS Teologiese Skool as pastoor afgestudeer het en toe na die VSA verhuis het en sy doktorsgraad in Teologie verwerf het.  Sewe-en-twintig jaar later is ons nog steeds vriende. Alhoewel ons mekaar maar min sien, hou ons steeds kontak. Toe hulle hoor ons kom kuier, het hulle dadelik laat weet dat ons genoeg tyd moet inruim om saam met hulle die Zion National Park in Utah te besoek.

Zion het van die mees gevaarlikste staproetes in die VSA en jaarliks sterf talle mense ook hier. My man is egter ‘n kranige stapper, wat onder andere al Kilimanjaro geklim het en dus geensins bang was vir hierdie uitdaging nie.

Om Zion te bereik, moes ons ook deur Las Vegas ry, en natuurlik is dit ook woestyn wereld.

Die RV is baie luuks en het slaapplek vir vyf persone. Ons slaap in ‘n RV oord waar die RV’s kompetisie met mekaar hou, oor watter een die grootste en die beste is. Hier is selfs oorde wat nie RVs’ wat ouer as 10 jaar oud is in hul parke toe laat nie. Gmf, hoogmoedig ook nog 😂.

Eleanor het die yskas goed toegerus en ons het nooit nodig gehad om ‘n restaurant te besoek nie. Elke dag was daar ‘n variasie van die heerlikste disse en ek kan haar komplimenteer – sy is ‘n bobaas kok. Die kampmalles in Suid-Afrika kan haar gerus invoer om vir hulle te kom kook klasse aanbied.
Ek is eintlik bietjie bang om terug te gaan Suid-Afrika toe,  want ek het ‘n spesmaas dat my man gaan aandring dat ek ook sjef Eleanor Becker se styl moet begin navolg. 😜

Ons arriveer die volgende oggend ongeveer 10 vm. by die besoekersentrum en Pieter val sommer dadelik in die pad om sy eerste stap te doen, die ‘gevreesde’ Angle’s Landing. My man het die toets met vlieënde vaandels geslaag en met trots sy sertifikaat ontvang vir hierdie stap.

Omdat ek as gevolg van limfideem in my been nie baie ver kan stap nie, het ek en Eleanor ‘n gemaklike stap van 2,9 myl gedoen – dit is amper 5km. Nou ja, ek is gemotiveer om ten minste die 5km stap in volgende jaar se Spar wedloop vir vroue te doen. Nog iets om op my ’emmer-lys’ af te merk.

Hier is die eekhorinkies sommer baie mak, so te sê dat een sommer teen my opgespring het, tot in my nek. Ek was nogal bietjie verskrik vir die parmantige kalant en baie vinnig van hom af pad gegee.

My man vertel dat hulle die volgende dag, op dieselfde roete, ‘n slang teëgekom het. Ta het vir hulle vanaf ‘n klip sit en bekyk, kop tussen die blare deur, sonder om te roer. Ek’s maar bly ek was nie naby nie.

Ongelukkig vir my, takel ‘n virus my daardie aand en vir drie dae was ek lam gelê as gevolg van griep. Ek het dus heeltyd binne in die RV gebly en meestal geslaap.

Utah is natuurlik die hoofkwartier van die Mormone. Om hierdie rede het Zion meestal religieuse name. Soos Winnie deur die klein dorpies ry, sien ek net Mormoonse kerke. Hul invloed is duidelik orals te sien.

Ten spyte van ongesteldheid, sal ek hierdie been van ons vakansie net nie kan vergeet nie. My man is definitief van plan om baie gou weer terug te kom California toe en weer vir Zion te besoek. Die lewe van die ‘permanents’
(RV eienaars wat permanent op die pad is) is definitief nie eentonig nie. Amerika is groot. Hennie en Eleanor het so pas vir ‘n hele jaar met Winnie deur die VSA getoer en het nog nie eens in New York, waar ons Amerikaanse tuiste is, ‘n draai kom maak nie. Vra die Amerikaners hulle of hul ‘permanents’ is, is Hennie se antwoord : ‘No, we are wannabees!” Dalk volgende keer, wanneer ons weer kom, maak ons almal ‘n draai by die Catskill Mountains, ‘n klipgooi van ons Summit huis af in NY.

Ek het Sondag saam met die Beckers terug gekom Redlands, CA toe terwyl Pieter nog twee staproetes in Arizona sou gaan doen.

Volgende keer kuier ek saam met julle in ‘n condiminium in Redlands, CA saam met ander Suid-Afrikaanse expats – sjoe! ek dink nie ek gaan ooit herstel na hierdie vakansie nie😆.

Dis altyd spitstyd!

Ek het vantevore al met julle gedeel dat New York ‘n 24/7/365 stad is wat nooit slaap nie. Vir ‘n Suid-Afrikaner wat van die platteland af kom, sal dit een groot nagmerrie wees om in Amerika te ry. Die stede se verkeer raak nooit stil nie. Die snelweë buite die stad is egter meer rustig.

In Houston, Texas het ek egter ‘n volmaakte oplossing gesien vir ons eie Kaapstad se nagmerrie, met hopeloos te min deurpaaie en ringpaaie rondom die stad. Moenie ‘n fout maak nie, Houston se verkeer is vir my as Kapenaar, wat gewoond is om Johannesburg en Pretoria se hoofpaaie in spitstyd aan te durf, steeds ‘n doolhof van uiterstes.

Onlangs was daar groot polemiek oor Sanral se voorneme om die N1 in die Noordelike Voorstede in ‘n tolpad te verander. Ek was nog nooit ‘n voorstaander van hierdie voorstel nie, totdat ek dié droom van ‘n tolpad in Houston gesien het.

Sekerlik almal van ons weet dat die Kapenaars vir een of ander rede dink hulle is in Europa of die VSA, deurdat hul die regterbaan oorgeneem het en dit geensins meer die vinnige baan genoem kan word nie. Deesdae is dit niks snaaks om motoriste te sien wat dit waag om in die linkerbaan verby te steek nie. Hiervoor moet ook dringend ‘n oplossing gevind word en dit is waar die ‘Houston’ model fantasties sal werk. In ag geneem dat daar huidiglik tussen die Plattekloof- en Old Oak wisselaar gewerk word, sal dit die ideale tyd wees om so ‘n tolpad in te stel om ons verkeer soveel makliker te laat vloei.

Aangesien die Yanks aan die regterkant van die pad ry, is die heel linkerbaan die vinnige baan. Hierdie baan word geskei van die ander bane, deur betonblokke, soortgelyk aan die wat met die padwerke op die N1 gebruik word. Hierdie baan is egter onderworpe aan tolgeld.  Die vinnige motoris wat nie kans sien vir die stadige slakkepas verkeer nie en nie omgee om vir sy plesier van vinnig ry, te betaal nie, gly met gemak in hierdie baan in. Voor elke afrit is daar vir hom geleentheid om weer terug te gly in die verkeer in om hom in staat te stel om die afrit te kan bereik. Dit is opmerklik hoeveel vinniger die verkeer as gevolg hiervan vloei.

In Los Angeles betaal jy ook ekstra indien daar minder as twee passasiers in die voertuig is.

Ek sal glad nie omgee om vir hierdie voorreg te betaal nie. Hoe lyk dit Sanral – wanneer kan ek die C250 AMG  in die vinnige baan in stoot?

‘n Kerk weg van die huis

IMG_4343.JPGNou kom ons by die eintlike rede waarom ons Houston besoek het. Nie almal sal aanklank vind met die volgende skrywe nie, maar ek verklaar egter, sonder enige skaamte dat ek ‘n wedergebore kind van Jesus Christus is. Om hierdie rede is dit vir ons ‘n voorreg om gemeentes reg oor die wêreld te besoek wat die Evangelie uitdra.
Lakewood Church is ‘n 12000 sitplek kerk in die Middestad van Houston. Dit is bykans 60 jaar gelede gestig deur past. John Osteen en sy vrou en het spoedig ‘n 5000 ledetal gehaal,
In Januarie 1999 is John Osteen onverwags oorlede aan ‘n hartaanval. Joël Osteen, sy seun, het duidelik gelei gevoel om die kerk oor te neem en uit te bou na die gemeente wat dit vandag is.
Ons was bevoorreg om ‘n motor in NY te kon huur wat ‘n satelliet radio in het en ek het pal na sy preke geluister, terwyl ons die staat NY deurkruis het.
Hy vertel o.a. die getuienis van hoedat sy pa op ‘n stadium besef het dat hulle ‘n groter kerk sou moes bou. By ‘n spesifieke geleentheid het hulle ‘n naweek van fondsinsamelings gehou, waartydens die $6000 wat nodig was om die fondasies vir die nuwe kerk, te kon oprig,  ingesamel is.                                                          John Osteen was oorstelp hieroor en het vas geglo dat dit die Here se manier was om vir hom te wys dat hy kan voortgaan met die bou van die kerk.     Gedurende die volgende week, ry hy een oggend verby ‘n klein Spaans sprekende gemeente. Die gemeente wou hulle kerk vergroot maar het nie die nodige fondse beskikbaar gehad nie. Hiervan was John Osteen egter nie bewus nie.                                                                                                                                Daardie oggend praat die Here duidelik met hom en sê dat hy die $6000 wat ingesamel is aan hierdie gemeente moet skenk.
Hy was uit die veld geslaan en redeneer toe erg met die Here. Nou ja, toe ek dit hoor, het ek kliphard begin lag en gesê: ‘O Here, ek ken dit tog so goed!!! ‘Uiteindelik gee hy tog gehoor en ry na die pastoor van die gemeente se huis, wat langs die kerk geleë is. By oorhandiging van die geld  huil hierdie man, oor die grootheid van die Here wat hul gebede verhoor het vir die nodige finansies om hul kerk te verbeter.                                                                                                 John Osteen het binne enkele maande ‘n groot oes gesien op sy gehoorsaamheid. Verskeie donateurs het anoniem na vore gekom en geld geskenk – ongeveer ‘n jaar later was Lakewood gemeente se nuwe kerk klaar gebou, kontant, sonder ‘n enkele sent skuld.                                                                                                                In 2003 het die gemeente ‘n langtermyn kontrak met Stad Houston gesluit om die Compaq Centre, vroeër ‘n sportstadium op ‘n langtermyn basis by die Stadsraad te huur. Hulle moes  die huur van $12m voortuit betaal vir die volgende 30 jaar. Die gebou is verander teen ‘n koste van $100m. In 2010 het die Stadsraad met ‘n meerderheid stem besluit om die gebou aan Lakewood Church te verkoop vir $7,5m.                                                                                                        Joël Osteen word baie veroordeel en daar word baie gepraat oor die feit dat hy een van die rykste pastore in Amerika is. Baie kritiek word ook gegee oor die feit dat hulle in ‘n baie mooi huis woon.                                                                             Hierdie is net so ‘n getuienis in sy lewe.  Hy vertel oor die radio dat hulle by geleentheid op soek was na ‘n ander huis.  Hul maak toe ‘n aanbod op ‘n eiendom, maar dit val deur die mat as gevolg van ‘n beter aanbod, wat reeds voor hulle s’n gemaak is.                                                                                                    Die eiendomsagent gaan wys hulle toe ‘n ou huis wat baie verwaarloos is.  Terwyl hy daar rondstaan, hoor hy duidelik die Here se stem wat vir hom sê dat hy ‘n aanbod op die huis moet maak.                                                                            Op daardie oomblik kom Victoria ingestap en sê dat sy voel dit is die huis vir hulle.  Hul het die huis gerestoureer.  ‘n Jaar later kry hy ‘n aanbod op die huis van ‘n ontwikkelaar, wat die eiendom wou ontwikkel in ‘n ontwikkeling.  Die aanbod was vir 10 maal meer as wat hulle betaal het vir die huis.
Ek verstaan hierdie gedeelte baie goed. Ons self het vir jare in Plattekloof, een van die rykmansbuurte van die Noordelike Voorstede in Kaapstad gebly en het self baie jaloersie as gevolg daarvan ervaar.                                                                  Om so ‘n kerk soos Lakeside te kon vestig, het geld gekos en kos baie geld om in stand te hou.  Dit kom nie van bome af nie.  Jy moet daarvoor werk!!!                   Ons het besluit om self te gaan kyk en ervaar hoe Lakewood Church funksioneer.  Ons het twee van die dienste bygewoon en het werklik net seën daar ontvang.                                                                                                                    Heel toevallig hoor ek hoe een van die pastore twee persone voorstel aan een van die gemeentelede en ek hoor die woord ‘South Africa’. By navraag ontdek ons dat beide van ons van Kaapstad af kom en hulle 5 min. van ons af woon.    As ‘n ‘gebore’ Charismaat, groot geword in ‘n Charismatiese, Pinksterkerk, kon ek dadelik die teenwoordigheid van die Here daar ervaar.Van die oomblik wat jy instap in die kerk, voel jy welkom. Ons was gevra of ons besoekers is en na spesiale sitplekke vir besoekers geneem.                                                                    Die lofprysing en aanbidding was fantasties – wat vir my die meeste uitgestaan het is dat hierdie man ‘n nederige man is. Terwyl hy van sy sitplek af na die verhoog toe stap, staan hy stil by ‘n senior dame, ‘n lidmaat van sy gemeente en verneem eers hoe dit gaan. Hy bedank die trio wat ‘n spesiale moedersdag lied gesing het, elkeen met ‘n handdruk.
‘n Uitnodiging word gegee vir diegene wat ‘n behoefte het vir persoonlike gebed. Hy, sy vrou en talle betrokke gemeentelede staan gereed om vir elkeen persoonlik te bid.                                                                                                              Aan die einde van die diens is daar ook ‘n ‘altar call’ waartydens mense  wat hul wil toewy aan die Here, kan opstaan en ‘n gebed vir hulle gedoen word.     Ons het twee van die dienste bygewoon en het werklik net seën daar ontvang.

Joel Osteen’s se preke en skrywes word baie maal gekritiseer daarvoor dat hy die ‘voorspoed evangelie’ bevorder, bedoelende dat hy materiële gewin as beloning vir die vroom Christen sien.                                                                        Word hy egter gevra of hy n leraar van die voorspoed evangelie is, reageer hy deur te sê dat hy by voorspoed bedoel dat God wil hê dat mense moet geseend moet wees met goeie gesondheid en verhoudinge, dit gaan nie omtrent geld nie. Hy stel dit ook duidelik dat hy nooit oor geld preek nie, juis as gevolg can die slegte reputasie van tele-evangeliste. beloning is vir die vrome Christen.    Wanneer hy egter daarna gevra word, reageer hy dat God by voorspoed bedoel dat Hy wil he dat sy kinders moet geseënd wees, gesond wees en goeie verhoudinge moet hê en dat dit nie oor geld gaan nie. Hy beklemtoon ook dat hy nooit oor geld preek nie, juis as gevolg van die reputasie wat verskeie tele-evangeliste het.                                                                                                              Tydens die ere-diens was daar net aangekondig dat die offerende nou opgeneem gaan word en daarmee tesame ‘n skrif uit die Woord wat sê dat hy wat gee, geseend sal wees. Geen onnodige beklemtoning nie, suiwer Woord!!

Diegene wat krities is oor Lakewood en Joël Osteen – maak gerus ‘n punt daarvan om Lakewood te besoek, wanneer jy in die VSA en TX besoek aflê.

Now we come to the real reason why we visited Houston. Not everyone will agree with the following statement, but I declare, without any shame, that I am a born-again child of Jesus Christ and am not ashamed of the Gospel of Jesus Christ. For this reason, it is a privilege for us to visit churches all over the world who minister the Gospel. Lakewood Church is a 12000 seat church in downtown Houston. It was established almost 60 years ago by pastor John Osteen and his wife. The congregation soon reached a membership of 5000. In January 1999, John Osteen died unexpectedly of a heart attack. His son, Joël, was led by the Holy Spirit to take over the congregation and expand it as it is today. We were privileged to hire a car in NY with satellite radio, and I listened to Joël’s sermons as we crossed the state of NY. Amongst other things, he testified about how his father at one stage realized that the congregation needs a larger church. On a particular occasion, they held a fundraiser weekend, during which the $ 6000 required to erect the foundations for the new church, was collected. Osteen was overwhelmed by this and believed that it was the Lord’s way to show him that he should continue with their plans. During the following week, he drives past a small Spanish-speaking church. The congregation wanted to enlarge their church but did not have the necessary funds available. John Osteen was not aware of this. That morning, the Lord spoke to him and told him to donate the $ 6000 collected, to this specific church. Pastor John was very confused and start reasoning with the Lord. When I heard this, I started laughing and said, “O Lord, I know it so well !!! ‘ Eventually he obeyed and drove to the Spanish pastor’s house, which was located next to the church. Upon handing over the money, this man was overwhelmed by the greatness of God. John Osteen reaped a great harvest within a few months of this act of obedience. Several donors came up anonymously and donated money, and about a year later, Lakewood’s church’s new church was completed, in cash, without any debt.
In 2003, Lakewood concluded a long-term contract with City of Houston to rent the Compaq Center, previously a sports stadium. They had to pay the $ 12m rent in advance for the next 30 years. The building has been changed at a cost of $ 100m. In 2010, the City Council voted by a majority to sell the building for $7.5m to Lakewood Church. Joël Osteen is widely condemned and talked about being one of the wealthiest pastors in America. Many criticisms are also given about the fact that they live in a very beautiful house. This is actually a great testimony in his life. He told his listeners on a radio broadcast of how they were occasionally looking for another residence. They make an offer on a property, but it falls through because of another offer on the property. The real estate agent went to show them a run-down house which apparently been in the market. As he stood there, he distinctly heard the voice of the Lord telling him to make an offer on the house. At that moment, Victoria came in and told Joël that she felt it was the exact house for them. They restored the house. A year later, he received an offer on the property, from a developer who wanted to develop the property. The proposal was 10 times more than they paid for the house. I understand this section very well. For many years, we experienced a lot of jealousy, while staying in Plattekloof, one of the wealthy neighborhoods in the Northern Suburbs of Cape Town.
To manage a church like Lakeside cost money and money does not come from trees. You have to work for it !!!
We decided to go and experience Lakewood Church first handed. I could immediately experience the presence of the Lord. From the moment you enter the church, you feel welcome. We attended two of the services and was not disappointed at all.
The praise and worship were fantastic – what impressed me the most is that this man is very humble. As he walks from his seat to the stage, he takes a moment to chat with a senior lady, a member of his church and inquire about her well-being. He makes time to personally thank each of the trios who performed with a special Mother’s Day song, with a handshake. An invitation is given for those who need personal prayer to come forward to the altar. Together with other congregational members Joël and Victoria were ready to pray for each person individually. At the end of the service, an “altar call” is made, during which people can make a decision to dedicate themselves to the Lord.
Joel Osteen’s sermons and writings are repeatedly criticized for promoting the “prosperity gospel,” meaning that he sees the materialistic as a reward for the pious Christian. However, if Joël is asked if he is a teacher of the prosperity gospel, he responds by saying that he desperately believes that God wants people to be blessed with good health and relationships and it’s not about money. He also states that he never preaches wealth, precisely because of the bad reputation of television evangelists. Rewards are for the pious Christian However when asked about it, Osteen responds by saying that God meant by prosperity that He wants his children to be blessed, to be healthy and to have good relationships and that it is not about money. He also emphasizes that he never preaches prosperity, precisely because of the reputation of several television-evangelists. During the honorary service, it was announced that the sacrifice would be taken up now and, together, a word from the Word that says that he gives gives will be blessed. No additional emphasis was made, only Biblical values were preached. Those who are critical of Joel Osteen and Lakewood Church, please make sure to visit Lakewood when visiting Texas.

Ek is ge-haak! of mag ek sê ge-‘hook’ . “I am hooked”.

English version follow below the Afrikaans version

Twee maal tevore was ek al in Texas, land van die Ewings van Dallas faam. Hierdie keer is ek egter oortuig daarvan dat as ek ooit permanent in Amerika sou kon bly, ek sou kies om my in Houston te vestig. Ek weet nie of dit dalk die invloed van my Duitse voorgeslagte is, wat ek duidelik hier sien manifesteer, of die pragtige argitektuur nie, maar ek het net dadelik tuis gevoel. Die somer hitte mag my dalk vang, maar vir hul winter sien ek heeltemal kans.

Hier het ek ook die langste goedere trein nog ooit in my lewe gesien. Ek het getel tot by 40 – vorentoe en agtertoe was daar nog. Ek sal seker nie oordryf as ek se dat die lokomotief maklik 200 trokke sleep nie. Jy staan maklik 15 minute en wag by die oorgang voor die trein verby is.

Ons gaan tuis by ‘n AirB&B, aan huis van Elena, ‘n Maleisiër, wat drie jaar gelede Amerika toe verhuis het, toe sy met haar man, wat hier groot geword het, getroud is. Sy laat ons verstaan dat ons glad nie skoene in die huis mag dra nie en natuurlik vergeet ek sommer binne die eerste halfuur daarvan. Nou ja, ek is nie gewoond dat iemand my aanspreek oor ‘n paar skoene nie!

Houston laat my baie dink aan Pretoria omgewing. Pragtige groot huise staan tussen reuse groot bome. Wat vir my baie interessant is, is die feit dat jy een oomblik verby ‘n pragtige landgoed met groot huise ry, net om ‘n blok later te dink dat jy iewers in die platteland is. Beeste wei langs die pad in kampies, tussen woonbuurtes rond. Dit alles gee ‘n wonderlik, rustige atmosfeer.

09a62b07-52db-4c5d-8532-93bedef5f07dimg_7551

Vandag het ons ‘n draai in die sakebuurt van die stad gaan maak. Verbasend is daar baie min motors in die sentrale area van die stad. Oral oor is sentrale parkeer areas, waar jy jou motor kan parkeer. Jy betaal jou parkeergeld by ‘n parkeer meter en tik jou motor se registrasienommer in.

Die geboue is geweldig eko-vriendelik. Ek was heel verbaas om in die middel van ‘n reuse groot gebou se wandelhal ‘n skaap te gewaar wat op die gras wei – so getrou nagemaak, dat jy dink dit is eg. Plante houers met boompies staan oral op die hoeke van die strate. Die mense is gaaf, almal glimlag en lyk gelukkig. Wonderlik wat ‘n ontspanne werksomgewing kan doen.

Dit is op een van die hoeke wat ons vir Kazul raak loop. Hy kom vinnig met ‘n besem uit die parkeer area van ‘n gebou uitgestap, groet en vra of als wel is. Hy verneem toe waarvandaan ons kom, aangesien ons aksent anders klink as die gewone Amerikaner s’n. Ek vertel hom dat ons van Suid-Afrika af kom en Afrikaans, ‘n tipe van Hollands, praat.

Opgewonde vertel hy ons dat hy as jong man Ethiopië verlaat het en via Kenia na Suid-Afrika toe wou kom om daar ‘n nuwe begin te maak. Wel, ek skat dat hy al ‘n man van ongeveer 60 moet wees, wat beteken dat dit in die apartheidsjare was. Die Here het egter ander planne met hom gehad en hy land toe op in Amerika. Hy getuig teenoor my dat die Here sy Alfa en Omega is, die rede waarom hy bestaan. Sy Here en sy Meester.

“Kazul, die Here het geweet hoekom hy jou Amerika toe gestuur het. As jy in Suid-Afrika beland het, sou jy vandag dalk nie meer geleef het nie of sou jy in die agterstrate van Soweto opgeëindig het – ‘n non-entity. Jy is baie beter af, waar jy vandag is.”  

Ek is so jammer dat ek nie daaraan gedink het om ‘n foto van ons twee saam te neem nie.”  My laaste woorde aan hom was, toe ek wegstap – May we meet again in heaven.

I’ve been in Texas, land of the Ewings of Dallas fame, twice before. This time, however, I am convinced that if I could ever stay in the USA permanently, I would choose to settle in Houston. Maybe it might be the influence of my German ancestors or the beautiful architecture, but I just felt at home. The summer heat might be too much for me, but I will definitely not have a problem to survive during winter time.
While here I’ve seen the most extended goods train ever in my life. I counted up to 40 trucks – forward and backwards, but couldn’t see the end of the line. I will indeed not exaggerate if I say that the locomotive easily pulls 200 trucks. You can easily wait 15 minutes at the junction before the train will be passed.
We stayed at an Air B & B, home to Elena, a Malaysian, who moved to the USA three years ago after she married her husband, who lives in the States since a very young age. She lets us understand that we cannot wear shoes inside the house. Of course, I forget about it within the first half an hour. Well, I’m not used to anyone addressing me about wearing a pair of shoes!                                                                                             Houston reminds me of Pretoria, the capital city of Gauteng, South Africa. Beautiful big houses stand between big trees. What’s interesting to me is the fact that you drive past a beautiful estate with significant dwellings and then, one block later, you will think that you are somewhere in the countryside. Cows graze along the road in camps, between neighbourhoods. All this provide a beautiful, peaceful atmosphere.
Today we went to the business district of the city. Surprisingly, there are very few cars in the central area of the town. There are a lot of parking areas inside the city, where you can park your car and pay your parking fee at a parking meter while also entering your car’s registration number for security purposes.
The buildings are amazingly eco-friendly. I was stunned to see a sheep, grazing on a piece of grass, in the middle of a huge tall building, It seems so real, in the meanwhile, it was a statue. Plant containers with trees are seen everywhere on the corners of the streets. Pedestrians look relaxed and happy, and everyone smiles at you. It’s incredible what a relaxing work environment can do to society. On one of the corners, we bumped into Kazul. He quickly walks out of the parking area of a building, carrying a broom in his hands. He greets and asks if everything is well. He immediately realizes that we are not American, as our accent sounds different from the usual American accent. I mentioned to him that we are from South Africa and speak Afrikaans, which is similar to Dutch. Very excited, he told us that he left Ethiopia as a young man and wanted to come to South Africa via Kenya, to start a new life. I estimated that he should already be a man of about 60 years old, which means that this happened during the apartheid era. However, God had other plans with him, and he landed up in the USA. He testified to me that Jesus Christ is the Alpha and Omega, his Lord and His Master and the reason why he exists.
“Kazul, God knew the reason why he sent you to the USA. If you had landed up in South Africa, you might not have been alive anymore, or you would have ended up somewhere in Soweto – a non-entity.
You are far better off where you are today. I’m so sorry I did not think about taking a picture of our two. ” My last words to Kazul was before I walked away: “One day, we will meet again in heaven.”

Kamp in ‘n beskaafde wereld 😜 Camping in a cultured environment

4ac15c71-1b37-48d0-9f7b-6b1aeddc8526  Ek as Kapenaar was die laaste paar maande goed geleer hoe om water te bespaar. Ons wasmasjien water en badwater gaan in ‘n tenk, wat weer terug gepomp word om  die toilette te spoel. By my besigheid het ons nog meer voorsorg getref.

Ons is gewoond kamp,  gewoonlik in parke en kampe waar daar ablusiegeriewe is en ons gebruik ons motorhome se toilet net in noodgevalle, wetende dat daar n knoppie is om te druk om water deur te pomp na die toilet.

Toe beland ons op Summit.  Ek het voorheen al genoem dat die Amerikaners lief is om op plotte te bly.  Omdat ons plot buitekant die dorp is, is hier nie munisipale water op die plot nie.  Ons het ook nog nooit sover gekom om te laat boor vir water nie en gaan haal water in die dorp.

Die ‘trailer home’ (karavaan) se warmwater tenk het ‘n paar jaar gelede gebars en die hele trailer was onder water.   Ons kan nie water in die watertenk ingooi nie, iewers  is die drukking uit verhouding uit. Dus is waterkanne is ons voorland.

Ek kook dus water in ‘n pot op die stoof, gooi dit in die wasbak en was my daarmee. Daarna skep ek die water uit die wasbak met ‘n 500ml koeldrankglas,  in ‘n houer en hou dit vir die chemiese toilet.

Vir iemand wat nie die Kaapse manier van water bespaar gewoond is nie, sou dit ‘n probleem afgee het.  As jy ook nie gewoond is aan kamp nie, sal dit geen plesier gewees het nie.  Die Vader het goed geweet om my voor te berei vir die gedoente. 😂

As a Capetonian, I learned how to save water the last few months. Our washing machine’s outlet, as well as the bath water outlet, go directly into a tank, from which the water is pumped back to flush the toilets.
At my business, we have made even more precautions to save water.
We as a family are used camping, usually in national parks and camping sites where there are excellent ablution facilities. We use our RV’s toilet only in emergencies, knowing that there is a button to flush water into the loo.
Then we ended up at Summit. I previously mentioned that the Americans are fond of staying on lots, outside the city. As our plot is 11mi outside the nearest town, there is no municipal water on the plot. We have never come so far to drill for water and fill our water containers at the gas station in town.
The ‘trailer’s water tank busted some time ago, and the whole trailer was flooded with water. We cannot fill up the water tanks, somewhere the pressure is out of proportion. There is no other option than portable water containers. I boil wash water in a pot on the stove and carry it to the bath.
Afterwards, we transfer the water from the bath over to a container and keep it to flush the chemical toilet. For someone who is not used to save water, the Capetonian way, it would have been a huge adjustment. Further, If you are not used to camping, it would be a nightmare.
Our Heavenly Father knew how to prepare me for this camping experience.
Summit, State Route 10, Cobleskill, New York.

Summit, State Route 10, Cobleskill, New York.